Een van Schoeman se bekendste en gewildste vroeë romans (1971). Hy beeld die wondbaarheid van mense in hul verhouding tot mekaar, asook hul wesenlike eensaamheid, met groot helderheid uit. Die fokus is op vier mense wat ’n tyd lank saam op ’n Griekse eiland bly: Die verteller Ruud gaan kuier by die jong Suid-Afrikaanse skilder Johan en sy vrou Hilde, en ’n ruk later kom ’n vriendin van Hilde ook daar aan. Hulle leef eenkant en geïsoleerd van die eilanders omdat hulle nie Grieks praat nie, en die emosionele wisselwerking wat tussen mens en mens ontstaan, verkry algaande ’n verwikkeldheid wat uiteindelik móét uitrafel. Schoeman het aan hierdie roman die sensitiewe, indringende toonaard gegee wat hom ’n Hertzogpryswenner gemaak het.
Aanbieding!
Op ’n eiland Nu Kopen
Oorspronkelijke prijs was: € 9.999,00.€ 3.999,60Huidige prijs is: € 3.999,60.
Verzending
Gratis verzending vanaf € 60,00
Voor bestellingen vanaf dit bedrag
Afrekenen
Veilig afrekenen
SSL beveiligde betaalpagina
BETAALMETHODEN





